"Hanru Niemand vlieg onder die radar. Jy sou hom heel moontlik nog nie op RSG gehoor het nie, en beslis nie op die Skouspel-verhoog gesien het nie. Tog het dié sanger/liedjieskrywer van die Boland sedert 2003 stil-stil vir homself naamgemaak onder musiek-kenners en spog hy met `n klein kultus-aanhang wat strek van die Kaap tot die Noorde.

Onder diegene wat hul musiek ken is Niemand bekend vir sy meesleurende musiek en skerp, fyn lirieke. Hoewel dit moeilik is om sy styl te klassifiseer, is sterk folk-elemente teenwoordig en word hy dikwels beskryf as van die beste hedendaagse voorbeelde van Afrikaanse folk. Ander tye is spore van kabaret en blues ook duidelik merkbaar. Sy musiek is al vergelyk met dié van groot geeste soos Koos du Plessis, Jacques Brel en Herman van Veen. Ten spyte van die feit dat hy in sy geboorteland relatief onbekend is, maak sy musiek ook oorsee indruk. Van Hanru se werke is al in Fins vertaal en word tans ook in Russies vertaal deur een van Rusland se mees vooraanstaande vertalers . Nie sleg vir `n outjie van die Paarl nie.

Nuuskierig? Kyk bietjie op hierdie webblad vir Hanru se musiek, albums, videos en nuus. Lees ook wat resensente van sy twee albums ‘Tot Stilte’ (2006) en ‘Roepwoorde’ (2010) gedink het."

- Jacobus Grimm, webmeester.

nuutste nuus

  • Oopmond! (en `n nuwe EP) Ons skop die jaar af met twee Oopmond gigs! Vir die wat nie vertroud is met die show nie: dis `n baie entertaining show/speletjie, waar digters 10 minute kry ...
    Posted Feb 19, 2015, 12:53 AM by Admin Niemand
Showing posts 1 - 1 of 18. View more »

Roepwoorde



Hanru Niemand op Facebook