Oopmond! (en `n nuwe EP)

posted Feb 19, 2015, 12:53 AM by Admin Niemand

Ons skop die jaar af met twee Oopmond gigs! Vir die wat nie vertroud is met die show nie: dis `n baie entertaining show/speletjie, waar digters 10 minute kry om `n gedig te komponeer, en musikante dan 20min kry om die gedig te toonset. Mens kan soms nie glo waarmee die mense in so `n kort tyd vorendag kom nie. Die eerste show is Sat 28 Februarie by die Saronsberg Teater, waar ons ook 2014 afgesluit het. Lieflike venue, wat veral lekker kuier op `n warm somersaand. Daarna is ons by die Woordfees! Dis 13 Maart by Weltevreden op Stellenbosch. Dan, wees ook op die uitkyk vir `n nuwe EP 'Kreeftegang', wat in die pyplyn is en laat weet gerus as iemand een soek :)

Die Boer en die Klein Karoo

posted May 20, 2014, 1:47 AM by Admin Niemand

Klink omtrent soos `n opvolg op Faan se Trein, maar hierdie week is ek eerstens by Die Boer (Dinsdag 27 Mei) vir `n lekker paar songs saam met Jurg Human. Hoop om `n klomp Durbanvilliete daar te sien. Daarna vat ek en Kaalvoet du Toit weer die pad Oudtshoorn toe, vir wat beloof om `n baie lekker paartie te wees.

Laaste Dorpstraat show

posted Mar 10, 2014, 10:30 PM by Admin Niemand

Dis met groot hartseer dat ek komende Saterdag die laaste keer by Dorpstraat optree. Valiant Swart is die main man vir die aand, en `n klomp ander kunstenaars gaan ook, soos ek, vir die laaste keer `n paar songs doen. Elf jaar terug, toe ek die eerste keer gereeld begin optree het, was Dorpstraat die venue wat my `n kans gegee het. Ek het ook beide my albums daar gelaunch en het goeie vriende geraak met Michelle en Anita, die huidige eienaars. Ek sal altyd met `n warmte in my hart terugdink aan die tye in Dorpstraat en op Summerhill. 

Lekker tye op die Unhappy Hour

posted Mar 10, 2014, 10:24 PM by Admin Niemand

Op Sondag 2 Maart het ek weer vir Toast Coetzer en Erns Grundling ge-join by Bush Radio se Unhappy Hour. Altyd goeie tye. Ek het tydens die show ook kans gehad om `n paar songs live te doen. Meeste van hulle is redelik nuut, so luister gerus hierna: (http://www.mixcloud.com/TheUnhappyHour/the-unhappy-hour-2-march-2014-hanru-niemand-in-studio-hosted-by-erns-toast/)

Stil tye vir eers verby

posted Sep 20, 2013, 9:25 AM by Admin Niemand

Na `n bietjie van `n hibernasie hierdie winter, is dinge nou behoorlik aan die gang. Op 31 Augustus was daar `n huiskonsert by my huis saam met Die Skynmaagde. Dis nou wel `n klein venue, maar dit het gemaak vir `n baie intieme show. Die grote was egter om die draai. Op 16 September het ek `n jarelange bucket-list item afge-tick toe ek saam met Piet Botha kon optree. Dit was deel van die Oopmond show in Die Boer. Oopmond is `n baie fun speletjie/show waartydens digters 10 minute kry om `n gedig te skryf, en musikante dit dan in 20 minute moet toonset. As deel van die organiseerspan was ek maar senuweeagtig oor hoe die mense van die dorp op so `n show sou reageer, maar dit was `n dawerende sukses. Kyk hier (http://www.dieburger.com/vermaak/2013-09-18-loslyfdig-is-inspirasie) na wat die Burger gedink het. 

Hierdie naweek is ek saam met Kaalvoet du Toit op pad Nieu-Bethesda toe vir die Anti-Fracking fees. Dit sal maar my tweede show in die Oos-Kaap wees. Sien baie uit! Kyk ook uit vir shows  by Die Boer in Oktober en Alexander Bar in November.

`n Produktiewe hibernasie

posted Jun 14, 2013, 3:35 AM by Admin Niemand

Na `n aanvanklike besige tydjie vroeer vanjaar, is ek meteens in die windstil trope, soos mens destyds in Aardrykskunde geleer het. Mense is dikwels teleurgesteld dat ek so min optree. Wel, ek ook. Goeie nuus is darem dat `n hele paar nuwe werke amper klaar is. Ek het onlangs `n nuwe song ge-debut by Die Boer, en ek dink hy's `n 'keeper'. Nog 2 songs is byna klaar, en `n ander halfpad vir `n nuwe projek, genaamd 'Fritz Nemo en die Borrie Llama'. Ek hoop om hulle die winter te laat opneem by Kaalvoet du Toit (hy weet nog nie daarvan nie, maar ek glo hy sal OK wees daarmee). Dan is daar omtrent 4 songs wat rofweg klaar is, as deel van `n groot woordkuns projek, waarvoor ek ongelukkig nog nie `n lekker naam het nie. 

Hier is `n voorsmakie, `n uittreksel uit een van die liedjies se teks:

'al val my vleis al uitmekaar
al kom die rawe mmy al haal
beur elke daad in onvermoe
om bewerig aan jou soom te klou
span al my immermoee woorde
nog eenmaal `n lyn na jou'

Dowe digters en sonbrand in die reën

posted Feb 11, 2013, 4:26 AM by Admin Niemand

So if it doesn't rain it pours. Na `n effe stadige begin is 2013 nou op `n lekker drafstappie. Was Donderdag die 7e weer by Dowe Digters, wat by Olive Bistro in Durbanville gehou word. Ek kan mense regtig aanmoedig om te kom luister: gedigte, goeie geselskap en musiek deur die de facto resident musikant, naamlik die uwe.

Dan het ek en Kaalvoet du Toit weer `n Just Folin' gig gepleeg by De Kelder in Somerset-Wes. Dit was `n buitelug gig, en so het ek so sommer deur die reënweer `n lekker 'tan' gevang. Elk geval, was lekker en ons hoop om gou weer iewers in die buitelug of die openbaar te speel!

Die Wynfees en nuwe verwikkelinge

posted Jan 29, 2013, 9:01 PM by Admin Niemand

Na (weereens) `n lang radiostilte is ek weer op stage! Hierdie keer by die Stellenbosch Wynfees se shows wat by Dorpstraat@Summerhill aangebied word. Ek deel die verhoog met Kaalvoet du Toit, wie se nuwe songs regtig uitstekend is. Dan doen ek en hy ook sommer `n paar Just Folkin' around tunes saam. Beloof om `n baie lekker aand te wees.

Dan, oor die radiostilte, mense: Ek skryf weer aan `n nuwe projek, trouens, eintlik `n paar projekte), waaroor ek baie opgewonde is, en waarby ek hopelik `n klomp uitsonderlike musikante en kunstenaars kan betrek. Maar dis nogal gewigtig, so dit vat bietjie tyd. Sal julle op hoogte hou!

Lekker by die 'Seaside' op 15 Junie

posted Jun 6, 2012, 3:38 AM by Admin Niemand

So dis die Seaside Blues, Melkbos op 15 Junie! Sien baie uit hierna, het al `n paar memorable aande hier gehad, danksy onder andere Kaalvoet du Toit en Dikkazzinz. Hierdie vlieg ek solo. Kom kyk man, dis lekker by die see!

Rock-a boertjie by die Trouvrou-show en weer `n bietjie by Die Boer 8 Mei

posted May 1, 2012, 11:30 PM by Admin Niemand

Was die naweek by een van my gunsteling mense se rock-a-boertjie themed troue in Lambertsbaai. Veels geluk Natasha en Len! Het ook `n kans gehad om `n song te doen, en het selfs `n song saam met Laurinda Hofmeyr gedoen. Wat `n voorreg, wou nog altyd saam met haar op die verhoog wees! 

Volgende week is dit weer `n Free Tuesday gig by Die Boer, ek en Jurg Human gaan weer bietjie saamspan, en dan volg die talentvolle Riku Latti en Les Javan daarna. So, `n stewige line-up, sou ek reken. Kom maak gerus `n draai!

1-10 of 18