nuus‎ > ‎

Heerlike Lente: Dorpstraat en die Klein Karoo

posted Sep 26, 2011, 7:07 AM by Admin Niemand
Hier in die Boland is alles mos maar so `n maand agter. So is dit ook dat ons lente skynbaar eers so teen einde September begin kopuitsteek. Met die effens warmer weer skop die musiek ook weer in rat. Ons het `n lekker gratis Dorpstraat gig wat wag 13 Oktober, en dan vat Hanru en Kaalvoet Jannie einde Oktober die pad om `n paar 'Just Folking Around' songs op te neem. In die proses sal hulle seker ook bietjie in Route 62 Cafe speel, so kyk gerus uit vir hulle!
Comments