nuus‎ > ‎

Klankdig in die Olyfbos, Stilbaai!

posted Dec 15, 2011, 10:06 PM by Admin Niemand
Dis nou al amper `n tradisie dat Hanru Desember in Stilbaai `n draai maak vir Klankdig. Hierdie jaar is nie anders nie! 'Klankdig', show met Hanru, Laurinda Hofmeyr, Riku Latti, Les Javan en Luna Paige is op 23 Desember om 19:00 in die Olyfbos amfiteater in Stilbaai en soos julle uit die 'line-up' kan aflei, is dit regtig iets om te besigtig. Na verneem word sluit kaartjies ook tapas in, so mens sal seker sukkel om aan `n lekkerder Vrydgaand by die see te dink. Kom kyk!
Comments