nuus‎ > ‎

`n Produktiewe hibernasie

posted Jun 14, 2013, 3:35 AM by Admin Niemand
Na `n aanvanklike besige tydjie vroeer vanjaar, is ek meteens in die windstil trope, soos mens destyds in Aardrykskunde geleer het. Mense is dikwels teleurgesteld dat ek so min optree. Wel, ek ook. Goeie nuus is darem dat `n hele paar nuwe werke amper klaar is. Ek het onlangs `n nuwe song ge-debut by Die Boer, en ek dink hy's `n 'keeper'. Nog 2 songs is byna klaar, en `n ander halfpad vir `n nuwe projek, genaamd 'Fritz Nemo en die Borrie Llama'. Ek hoop om hulle die winter te laat opneem by Kaalvoet du Toit (hy weet nog nie daarvan nie, maar ek glo hy sal OK wees daarmee). Dan is daar omtrent 4 songs wat rofweg klaar is, as deel van `n groot woordkuns projek, waarvoor ek ongelukkig nog nie `n lekker naam het nie. 

Hier is `n voorsmakie, `n uittreksel uit een van die liedjies se teks:

'al val my vleis al uitmekaar
al kom die rawe mmy al haal
beur elke daad in onvermoe
om bewerig aan jou soom te klou
span al my immermoee woorde
nog eenmaal `n lyn na jou'
Comments