nuus‎ > ‎

Stil tye vir eers verby

posted Sep 20, 2013, 9:25 AM by Admin Niemand
Na `n bietjie van `n hibernasie hierdie winter, is dinge nou behoorlik aan die gang. Op 31 Augustus was daar `n huiskonsert by my huis saam met Die Skynmaagde. Dis nou wel `n klein venue, maar dit het gemaak vir `n baie intieme show. Die grote was egter om die draai. Op 16 September het ek `n jarelange bucket-list item afge-tick toe ek saam met Piet Botha kon optree. Dit was deel van die Oopmond show in Die Boer. Oopmond is `n baie fun speletjie/show waartydens digters 10 minute kry om `n gedig te skryf, en musikante dit dan in 20 minute moet toonset. As deel van die organiseerspan was ek maar senuweeagtig oor hoe die mense van die dorp op so `n show sou reageer, maar dit was `n dawerende sukses. Kyk hier (http://www.dieburger.com/vermaak/2013-09-18-loslyfdig-is-inspirasie) na wat die Burger gedink het. 

Hierdie naweek is ek saam met Kaalvoet du Toit op pad Nieu-Bethesda toe vir die Anti-Fracking fees. Dit sal maar my tweede show in die Oos-Kaap wees. Sien baie uit! Kyk ook uit vir shows  by Die Boer in Oktober en Alexander Bar in November.
Comments